WELCOME TO EATASSIST
Your hope for optimum nutrition and emotional well-being
Ontsluit die hart van Spreuke 4:23 deur werklik gesond te wees – na liggaam, siel en gees! Die heel beste JY! bied ‘n unieke perspektief wat jou wys hoe om dit te doen:
-
Die belangrikheid daarvan om jou liggaam gesond te hou deur die regte voeding en oefening word in deel 1 aangeroer deur die dieetkundige, dr. Esther van der Spuy.
-
Ons emosies en gebeure uit die verlede kan ‘n invloed op ons hede hê. In deel 2 wys dr. Dalena Vogel, sielkundige, hoe ons elkeen gesonde emosies kan kweek en só verseker dat gister se bagasie nie jou hede negatief beïnvloed nie.
-
‘n Gesonder geestelike lewe waar God die heel belangrikste prioriteit in jou lewe is, vorm die laaste boublok. Ds. Dirkie van der Spuy fokus in die laaste deel op hierdie belangrike saak.
Ervaar volkome en gelukkige menswees deur hierdie drie dimensies in balans te bring. Maak die bonatuurlike vreugde en vrede wat slegs God vir jou kan gee jou eie!